Wednesday, August 11, 2010

Funky Jeans

Ons maak nuwe funky jeans, of ons kan jou ou jeans opkikker en nuut maak ...
Kontak ons vir pryse en idees ...

Monna's Photography


Hi - my name is Monique, but my friends call me Monna ...
Welcome to Monnas wedding photography. 
I am a professional wedding photographer based in Centurion, Gauteng, South Africa.
I have always had a passion for photos - especially wedding photos!  I love capturing those fleeting seconds - a moment captured for eternity!  This passion drives to me great creativity and perfectionism as I strive for constant growth and improvement.  Let me capture your day - the way you experience and remember it!
For more information please don't hesitate to contact me!  

www.monnasphotos.com
cell: 0836441939
monnasphotos@gmail.com 

Funky Varkies


Pryse is op aanvraag. Ek kan gemail word by alidal@kanimambo.co.za. Of bel my mamma Alida by 083 557 0310 / 012-993 3935. Hoekom is ek, Isandri Liversage, entrepreneur in wording: En hoe het Funky Varkies ontstaan: Ek is die enigste kind, en dit raak baie alleen by die huis,ek het altyd gewonder hoe ek ekstra geld kan verdien, ek het nie die woord entrepreneur verstaan nie, en pappa het dit aan my verduidelik, toe verkoop ek sommer in Gr1 die kers pakkies wat ons bestellings vir die skool moes kry voor ons hek met lekkers in aan die mense wat daar verby loop teen R20 per pakkie , mamma was woedend want dis nie die doel van die pakkies gewees nie en mamma moes die sakkies vir die skool betaal, so al my wins was ook toe daarmee heen, In Gr2 het ek besluit ek gaan en wil ook graag n entrepreneur wees, maar weet nie waar om idees in die hande te kry nie. Ek wil net vir julle se idees is oral, julle moet net die regte bril opsit om dit raak te sien. Daar is baie idees, maar n idee is net n geleentheid wanneer dit n behoefte in die mark bevredig. En so mooi en anders is dat almal dit wil hê, Kom kyk saam my na my storie oor my Funky Varkies en my familie. Ek is in Gr 2 en n leerling in Hennopspark Laerskool en het altyd daarvan gehou om my ma dop te hou as sy met haar hande werk en mooi hoede en Jeans vir ander mense maak. Eers het ek net gesit en kyk , later het ek haar begin help blomme knip en help idees gee. Mamma het toe eendag vir my gese ek moet al haar kleingeld in my geel spaar varkie gaan gooi, en daar het alles begin, ek wou dadelik weet na ek al 8 jaar lank die varkie het waar kom dit vandaan. Mamma het my alles vertel oor die mooi geel spaar varkie en dadelik het ek n plan gekry, ek wou vir mamma wys dat ek dit ook kan maak, die eerste een was maar rof en ek het maar lekker gebrand met die glue gun. Ek het die volgende dag vir Juf Alice die varkie gaan wys en al die kinders wat dit gesien was baie opgewonde. Almal wou hê. Ek moet ook vir hulle hul eie varkie maak. So het my idee nie net n idee gebly nie, maar n geleentheid geword by my eerste entrepreneurs dag in my lewe by die skool. Ek het my kop hard gestamp met pryse en moes van die varkies sommer vir R15,00 verkoop, so leer ek nog elke dag van geld en waarde van handgemaakte kuns artikels, my mamma het vir my n website gemaak en al die bestelling werk deur my website om die prys/wins probleem uit te skakel tot ek oud genoeg is om my produk te verkoop vir wat dit werd is en my mamma bestuur die website vir my, gaan kyk gerus by www.funky-stuff.co.za. Ek het ook spesiale bank rekening vir Funky Varkies gaan oop maak met behulp van ABSA Centurion wat my plan vir die toekoms en my besigheid idee raak gesien het, want ek wil en gaan dit maak werk, met behulp van my mamma en pappa en die HERE se genade en die talent wat HY vir my gegee het. As ek dit kan regkry, kan jy ook. Kom ons kyk wat het ek en my mamma gedoen en wat elke entrepreneur in gedagte moet hou om idees raak te sien wat jy in n geleentheid kan verander om ekstra geld te verdien. ASB net nie funky Varkies nie dis my idée en ek gaan dit maak werk. 1. Ek het daarvan gehou om goed met my hande te maak en dinge anders en snaaks te maak 2. Ek het geluister na wat die kinders , Juffrouens by die skool en ander mense wat dit sien oor die varkies te sê gehad het, en die inligting aan mamma en pappa gegee om dit te verbeter Die kinders, my mark, wou ook sulke varkies gehad het, dus het ek en mamma baie hard gewerk om aan hulle behoeftes te voorsien en die veranderings gemaak om die varkies beter te verkoop. Ons verkoop die varkies op bestellings en is elke laaste Saterdag van die maand by die Yasmine Kuns Mark in Harties.